Gewapende mans val skoolbus aan
2011-09-13 15:51
Pesjawar – Die polisie sê drie kinders, ‘n onderwyser en ‘n busbestuurder het gesterf nadat gewapende mans ‘n skoolbus in die noordweste van Pakistan aangeval het.
Dinsdag se aanval het in die dorp Matani gebeur.
Qayum Khan, ‘n polisiebeampte, sê die bus het leerlinge huis toe geneem toe die gewapende mans die bus gestop het.
Die ouderdomme van die kinders is nie bekend nie.
Daar is alewig gevegte in Matani tussen Islamitiese rebelle en stamlede wat die regering ondersteun.
Daar word berig dat die rebelle dikwels burgers in dié gebied aanval om inwoners wat hulle nie ondersteun nie, te straf.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP