Gewapende mans moor 13
2010-02-24 21:07
Oaxaca – Gewapende mans het ‘n plattelandse dorp in die suide van Mexiko binnegegaan en 13 mense, insluitende ‘n veeboer en sy drie seuns, doodgeskiet, het ‘n polisie-amptenaar gesê.
Volgens die amptenaar het die gemaskerde mans die dorpie San Vicente Camalote in verskeie voertuie binnegery en begin skiet,
Hulle het Alfonso Maciel se plaas binnegedring en hom, sy drie volwasse seuns en vier ander mense in die dorp doodgemaak.
Daarna het die mans vyf polisie-amptenare doodgemaak wat probeer het om terug te veg.
Daar word beweer dat die mans verskeie mense in die dorp ontvoer het.
Ondersoek-beamptes vermoed dat Dinsdagaand se aanval met dwelms verband hou.
Die amptenaar het Woensdag op die voorwaarde van anonimiteit gepraat uit kommer vir sy veiligheid.
- Sapa-AP