Gewapende man hou kliënte gyselaar in winkel
2010-06-15 15:40
Berlyn - 'n Gewapende man het Dinsdag 'n groep mense as gyselaar aangehou in 'n tak van die H&M-klerewinkel in Leipzig in die ooste van Duitsland, het die polisie gesê.
Polisiekommando’s het 'n groot deel van die middestad ontruim ná hulle omstreeks 12:30 ontbied is.
Mense het gesê 'n man dreig kliënte met 'n vuurwapen.
Talle gyselaars is ongedeerd vrygelaat, baie van hulle ly aan skok, het 'n polisiewoordvoerder gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- AFP