Gewapende bende beroof kasino
2010-03-28 18:09
Basel, Switserland - Sowat tien gemaskerde mans wat in swart geklee was het die Grand Casino naby Basel in Switserland binnegestorm terwyl daar 600 gaste binne was en het duisende frank gesteel, het berigte gesê.
Volgens polisie het die bende Frans gepraat en het hulle werknemers en gaste met masjiengewere en pistole gedreig om op die vloer te lê terwyl hulle registers in die gebou se kelderverdieping leeggemaak het.
Switserse amptenare het gesê dat hulle met “’n paar honderd duisend” frank weggekom het.
Lees die volle berig by Skynews