Gevangene tereggestel wat sy vrou vermoor
2011-01-14 10:44
Atmore – Die staat van Alabama het ‘n gevangene tereggestel wat sy vervreemde vrou in 1988 doodgeskiet terwyl hy sy 17 maande oue dogter in een van sy arms vasgehou het.
Leroy White (52) is Donderdagaand met ‘n dodelike inspuiting tereggestel ten spyte van die feit dat sy dogter gepleit het dat sy lewe gespaar moet word.
White is tot doodstraf gevonnis nadat hy sy vrou, Ruby, doodgeskiet het. Sy was ‘n gr.1 onderwyseres.
Haar familielede, insluitende haar 23-jarige dogter Latonya, het goewerneur Bob Riley gevra om genade te hê.
Riley en ander howe het geweier om die teregstelling te laat vaar.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP