Gevangene dring aan op pornografie
2011-07-04 19:59
Mount Clemens (Amerika) – ‘n Gevangene in Michigan sê die feit dat hy
nie toegang tot pornografiese materiaal het nie, is wreed en onregverdig, berig Huffington Post.
Kyle Richards het ‘n handgeskrewe dagvaarding uitgeskryf waarin hy aanvoer dat sy
burgerlike regte verontagsaam word.
Richards, wat ‘n bank beroof het, se verhoor
begin in Augustus.
Die polisie het hom gevang deur sy voetspore
deur die sneeu en ‘n paar muntstukke van die beroofde bank af na sy woonstel te volg.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.