Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Getuie vertel van wilde Berlusconi-partytjie

2012-05-24 23:00
Tweets Share Share line Print

Milaan – Italië se voormalige eerste minister Silvio Berlusconi het tydens een partytjie by sy luukse villa buite Milaan betaal vir seks, het ‘n getuie Donderdag gesê by ‘n verhoor waar Berlusconi daarvan aangekla is dat hy betaal het vir seks met ‘n minderjarige prostituut.

Natascia Teatino het aan die hof vertel dat ‘n vriendin genaamd Aris saam met wie sy na een van die partytjies gegaan het, beweer sy het “geld vir (seksuele) dade met Berlusconi ontvang". Sy het bygevoeg haar vriendin het nie gesê hoeveel sy ontvang het nie.

“Aris het vir my gesê ek kan bly en seks hê met Berlusconi, maak ek wou nie bly nie,” het Teatino gesê.

Berlusconi (75) is daarvan aangekla dat hy in 2010 betaal het vir seks met die Marokkaans-gebore Karima El Mahroug toe sy 17 jaar oud was,

Hy het daarna sy mag misbruik deur haar uit polisie-aanhouding vry te kry nadat sy vir diefstal in hegtenis geneem is.

Volgens aanklaers het tientalle meisies en aspirant-sterre kontant en ander geskenke ontvang wanneer hulle deelgeneem het aan seksspeletjies by sy huis in Milaan.

Ander getuies het ook aan die hof vertel van kontant en juwele wat hulle ontvang het in ruil vir seks.

Teatino se vriendin Aris is op die lys van getuies wat nog sal verskyn.

Berlusconi, wat die aanklagte ontken, sê hy het die jong vroue slegs uit vrygewigheid gehelp en beskuldig die landdroste van 'n polities bevooroordeelde veldtog teen hom. Hy sê sy partytjies was "elegante, gesellige etes".

Teatino het aan die hof gesê dat verskeie meisies teen die einde van die aand koeverte met geld ontvang het, maar sy het niks gekry nie.

“Ek was nie betaal nie, want, soos my vriendin Aris gesê het, het ek te veel vrae gevra,” het sy gesê.

Sy het ook beskryf hoe die aand begin het met drankies voor ete, waarna Berlusconi juwele uitgedeel het aan ‘n groep van sowat 20 meisies voordat hulle aangesit het vir aandete.

“Ná die ete het Berlusconi gesê ‘kom ons gaan na die bunga-bunga’ en hy het ons na die disko-vertrek geneem,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat sy daar gesien het hoe hy en sy vennoot aan meisies wat lae-hals rokke en bikini’s dra se borste en boude vat.

– Volg Nuus24 op Twitter
   
   
          
   
          

 

- Reuters

Lees meer oor: silvio berlusconi  |  hof
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday North Riding - 19:05 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Witkoppen Road
  • Tuesday Bramley - 18:52 PM
    Road name: Corlett Drive
    TRAFFIC LIGHTS short-timing at M1 Highway
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.