Geslagsverandering nou wettig
2009-10-13 03:24
Montevideo – Uruguay het Maandag geslagsveranderinge gewettig kort nadat dit ook goedkeuring gegee het vir homoseksuele paartjies om te kan trou en kinders aan te neem.
Dié geslagsveranderingwet is deur die senaat goedgekeur.
"Elke persoon het die reg om vrylik hul persoonlikheid volgens hulle eie seksuele identiteit te ontwikkel ongeag van hulle biologiese identiteit,” lees ‘n verslag.
Die voorvereistes vir so ‘n geslagsverandering sluit in dat mense 18 jaar of ouer moet wees en laat ook toe dat hulle hul name en gelag op identiteitsdokumente mag verander.
Die wet wag nou op president Tabare Vazquez se handtekening om in werking te kom.
- Sapa