'Genoeg, dit is nou tyd vir Palestynse vryheid'

2011-09-24 07:05
Tweets Share Share line Print

New York – Mahmoud Abbas, Palestynse president, het sy land se versoek om ’n volwaardige lid van die Verenigde Nasies te word Vrydag amptelik by die VN-hoofkantoor hier ingedien.

Dit ondanks Israel se besetting van Palestynse grondgebied en die feit dat pres. Barack Obama reeds aangedui het die VSA gaan die versoek veto.

Abbas het ’n brief waarin volle VN-lidmaatskap vir die Palestyne gevra word aan die sekretaris-generaal van die VN, Ban Ki-moon, oorhandig.

Abbas het in sy toespraak in die algemene vergadering van die VN ’n olyftak na Israel uitgereik.

“Ek is hier om namens die Palestynse mense te sê ‘ons reik ons hande na die Israelse regering en mense uit’.”

Hy was egter onwrikbaar dat die Palestynse gebiede ’n onafhanklike staat behoort te word. “Genoeg, genoeg, genoeg. Dit is tyd vir die Palestynse mense om hul vryheid en hul onafhanklikheid te kry. Ons het een doelstelling – om te wees. En ons sal wees.”

Sy versoek aan die VN volg op 20 jaar van mislukte Amerikaans-gesteunde vredesonderhandelings met Israel.

Die veiligheidsraad van die VN sal Maandag vergader om die Palestynse versoek te bespreek.

Die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, het vandeesweek met verskeie staatshoofde hier vergader om hulle te probeer oorreed om die Palestyne nie te ondersteun nie, omdat VN-lidmaatskap volgens hom ’n vreedsame oplossing van die Midde-Oosterse konflik in die wiele sal ry.

Hoewel die Palestynse gebiede van die stemme van ses uit die 15 lidlande in die veiligheidsraad verseker is – dié van Suid-Afrika, Rusland, China, Indië, Brasilië en Libanon – is nege stemme vir goedkeuring nodig.

As die versoek afgekeur word, kan die Palestyne om verhoogde waarnemerstatus, soos wat die Vatikaan tans het, aansoek doen.

Daarvoor is net die goedkeuring van die algemene vergadering nodig en die Palestyne sal dan deel van internasionale organisasies soos die Internasionale Strafhof in Den Haag kan word.

Dit sal Palestyne in staat stel om Israel van menseregteskendings aan te kla. – Mandy Rossouw en Reuters

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.