Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Genadedood-prof skuldig bevind op mindere klag

2011-11-03 07:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die klag van poging tot moord is Woensdag in Nieu-Seeland laat vaar teen prof. Sean Davison ná die genadedood van sy ma, maar hy is wel skuldig bevind op ’n mindere klag.

Davison is hoof van die forensiese laboratorium in die departement biotegnologie aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) en het na Nieu-Seeland teruggekeer vir sy verhoor.

Hy het in sy boek Before We Say Goodbye beskryf hoe sy siek ma, dr. Patricia Ferguson, hom gevra het om haar te help sterf.

Volgens die Otago Daily Times het die staatsaanklaer, Robin Bates, Woensdagoggend nadat die hofverrigtinge in die hooggeregshof in Dunedin hervat het, gesê hy wil die klagstaat wysig en ’n alternatiewe klag byvoeg.

Dié alternatiewe aanklag hou daarmee verband dat Davison op 24 Oktober 2006 “daartoe bygedra, en sy ma, Patricia Ferguson, bygestaan het om selfmoord te pleeg, en dat die persoon gevolglik probeer selfmoord pleeg het”.

Dié klag is aan Davison gestel. Volgens die koerant het Davison in “ ’n byna onhoorbare stem” skuld beken. Die regter het hom daarop skuldig bevind en die saak tot 24 November uitgestel.

Die regter het gesê ’n verslag ter versagting van die vonnis moet die moontlikheid om Davison elektronies te monitor as straf in oorweging neem.

Die aanklag van poging tot moord sal eers verwyder word sodra Davison op die ligter aanklag gevonnis word.

Sy regsverteenwoordiger, Roger Laybourn, het gesê die feit dat die hoofaanklag laat vaar is, is net soos ’n onskuldigbevinding.

– Volg Nuus24 op Twitter 

- Die Burger

Lees meer oor: sean davison
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Paulshof - 18:58 PM
    Road name: Witkoppen Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Cambridge Road
  • Wednesday Broadacres - 17:38 PM
    Road name: Cedar Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at 3rd Street
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.