Gemaskerde mans skiet 12 dood
2009-08-27 10:43
Bogotá, Colombia – Gemaskerde mans het 12 lede van die Awa-stam doodgeskiet.
Vier van die slagoffers was kinders.
Die aanval het plaasgevind in die suidelike kus-area, naby die grens tussen Colombia en Ecuador. Die area is bekend vir kokaïensmokkel.
Volgens Luis Evelio Andrade, die president van ONIC, ’n nasionale belangegroep vir inheemse stamme in Colombia, was “gemaskerde mans in militêre uniform” verantwoordelik vir die aanval.
Sowat 11 000 lede van die Awa-inheemse groep bewoon ‘n area wat ook deur dwelmsmokkelaars gebruik word vir kokaïenhandel oor die Stille Oseaan.
Volgens Andrade is guerrilla-vegters, paramilitêre soldate en die weermag almal aktief in dié area.
- Sapa-AFP