Geheime verslag: Pakistan help Taliban
2012-02-01 15:36
Londen – Pakistan se sekuriteitsdienste is in die geheim besig om Afganistan se Taliban te help, toon die inhoud van 'n geheime Navo-dokument.
Die uitgelekte "State of the Taliban"-verslag wat deur die BBC en The Times-koerant gesien is, is saamgestel deur inligting wat vanaf rebelle wat aangehou word ontvang is en verlede maand aan Navo-kommandeurs in Afganistan oorhandig is, het mediaberigte gesê.
Die verslag beweer dat Pakistan en sy intelligensiediens, die ISI, bewus is van waar senior Taliban-leiers woon.
Volgens die BBC is die verslag gebaseer op materiaal van 27 000 ondervragings en meer as 4 000 lede van die Taliban en Al-Kaïda wat aangehou word.
Die Amerikaanse departement van verdediging kon nie kommentaar lewer op die verslag nie.
– Kliek hier om die volledige storie te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA