Geheime Kersvader gee geld aan armes
2010-12-17 07:48
Kansas City – Kersvader is sowaar op pad – met ’n klomp kontant om weg te gee daarby.
Iemand wat soos Kersvader aangetrek is, is die afgelope week in dié stad se arm gebiede raakgeloop waar hy – in die geselskap van polisiebeamptes en kaboutertjies – kontant aan vreemdelinge oorhandig het.
Volgens kapt. Ray Wynn van Kansas City se brandweer volg die anonieme weldoener in die spore van Larry Stewart, die oorspronklike geheime Kersvader wat oor 26 jaar meer as $1,5 miljoen (sowat R10 miljoen) weggegee het voordat hy in 2007 aan kanker dood is. Wynn was ’n vriend van Stewart.
Wynn is nou deel van die Genootskap van Geheime Kersvaders, ’n organisasie wat ander help en hul kontant anoniem aan mense skenk.
Stewart was platsak voordat hy ’n fortuin in die kabeltelevisiebedryf gemaak het.
Hy het die ander anonieme Kersvaders opgelei.
- Volg Nuus24
op Twitter
- Die Burger