Gebedskamers aan die brand gesteek
2010-01-21 23:28
Kuala Lumpur – Twee Moslem-gebedskamers is Donderdag aan die brand gesteek tydens gewelddadige aanvalle teen kerke weens die gebruik van die woord "Allah" deur nie-Moslems.
Sowat 11 kerke is die afgelope tyd geteiken te midde van stygende etniese geweld.
“Die twee gebedskamers, albei in Muar, is minimaal beskadig deur die vlamme,” het Lee Choon Guan, die dorp se adjunk-polisiehoof, gesê.
Verbygaande motoriste het glo die vlamme gesien en gehelp om die brand te blus.
“Die polisie ondersoek dit voorval en die motief daar agter,” het Choon Guan bygevoeg.
Dié aanvalle kom nadat ‘n hof op 31 Desember besluit het dat nie-Moslems die woord “Allah” kan gebruik as ‘n vertaling vir “God”.
-Sapa-AFP