Gays soek hulp by Hillary
2009-10-14 10:19
Moskou- Homoseksueles in Rusland het Hillary Clinton, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, se hulp gevra toe sy onlangs ‘n standbeeld van die digter en gay-regte ikoon, Walt Whitman, in Moskou onthul het.
Clinton en die burgemeester van Moskou, Yuri Luzhkov, het die seremonie bygewoon by die Moskou-universiteit.
Luzhkov is nie ‘n groot ondersteuner van gay-regte nie. Hy het ook verhoed dat enige gay-optogte in die stad mag plaasvind omdat dit volgens hom satanisties is.
Die gay-aktivis, Nikolai Alexeyev, het Dinsdag vir Clinton gevra om hulle by te staan in hulle veldtog om haatspraak en homofobie stop te sit.
Clinton het nie die kwessie tydens haar toespraak by die seremonie aangeraak nie.
–Sapa, AP