Gays in Uganda met die dood gedreig
2010-10-24 03:53
Kuala Lumpur – ‘n Koerant in Uganda het ‘n lys van die land se “top” 100 homoseksuele mans gemaak, met die woorde “hang hulle” langsaan geskryf, berig Huffington Post.
Die mans se foto is saam met hulle volle naam en adres gepubliseer.
Ten minste vier gay Ugandese wat op die lys was, aangerand en talle ander het besluit om weg te kruip.
Volgens ‘n aktivis vir menseregte, Julian Onziema, is een persoon wie se naam op die lys was, se huis met klippe bestook.
‘n Wetgewing wat gay mense die doodsvonnis wou oplê vir sekere aksies het amper verlede jaar die lig gesien in dié konserwatiewe land.
Dit is weens internsionale afkeur opsy geskuif.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.