Gay tienerseun pleeg selfmoord weens boelies
2011-09-22 23:17
Londen – Die gay tienerseun wat selfmoord gepleeg het
na aanleiding van die gespot wat hy van sy vriende moes verduur, het kort
voor sy dood ‘n video op YouTube gelaai as deel van die “It gets better”-veldtog, berig Sky News.
Jamey Rodemeyer is die laaste in ‘n reeks
selfmoorde deur Amerikaanse tieners wat as gevolg van hul seksualiteit uitgetart is.
In Mei het Jamey ‘n video-boodskap op YouTube
gelaai as deel van die "It gets better"-veldtog, wat jong gay mense
bemoediging te midde van sosiale verwerping gebied het.
In die video, getiteld, “It gets better, I
promise”, het hy die slagoffers van boelies aangemoedig om sterk te staan.
Jamey het egter die afgelope paar maande gekla
dat die gespottery wat hy moes verduur erger geraak het.
Kyk hier na Jamey se video.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.