Gay prins lewenslank tronk toe
2010-10-20 13:50
Londen - Die prins van Saoedi-Arabië, Saud Abdulaziz bin Nasser al Saud, wat sy dienskneg vermoor het, is tot lewenslange tronkstraf met 'n minimum termyn van 20 jaar gevonnis ná hy sy dienskneg in 'n oomblik van woede doodgeslaan het.
Die twee het pas teruggekeer van Valentynsdag-vieringe toe die besope prins die 32-jarige Bandar Abdilaziz aangerand het.
Saud wou die ware aard van hul verhouding toesmeer en het beweer dat hulle "vriende" en "gelykes" is, maar 'n portier by die Landmark-hotel in Londen sê Abdulaziz is "soos 'n slaaf" behandel.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter