Gay-aktiviste gekant teen pous se besoek
2010-02-03 00:53
Londen - Gay-aktiviste en sekulariste wil protesoptogte reël tydens Pous Benedict XVI se besoek aan Brittanje die jaar ná die pous se verdoemenis van gay-vriendelike gelykheidswetgewing.
Die 82-jarige pous is veronderstel om Brittanje in September te besoek.
Dit is sy eerste besoek aan Engeland in 28 jaar.
Hy het sy kommentaar oor die gelykheidswetgewing in briewe aan die biskoppe van Engeland en Wallis gemaak.
Peter Tatchell, menseregte-kryger en gay-regte aktivis, sê hy sien die pous se brief as ‘n direkte aanval op die wettige regte van gay mans en vrouens.
Die pous het blykbaar gereageer op wetgewing wat in 2009 in werking getree het wat aanemingsagentskappe verhoed om teen gay paartjies te diskrimineer.
- Sapa