Gay Britte het dalk binnekort huwelike
2011-09-17 22:53
Londen – Die Britse regering maak planne om gay huwelike voor die volgende verkiesing in 2015 te wettig, het ‘n amptenaar gesê.
“Ek is uiters opgewonde om te kan sê die regering sal met ‘n plan begin om gay paartjies dieselfde huweliksregte te gee,” het die minister van gelykheid, Lynne Featherstone, gesê.
“Dit sal ons toelaat om die nodige verandering aan die wetboek aan te bring,” het sy bygevoeg.
Burgerlike vennootskappe vir gay paartjies is in 2005 in Brittanje gewettig, maar dié vennootskappe word nie wetlik as huwelike beskou nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP