Gasontploffing ruk Maleisiese inkopiesentrum
2011-09-28 09:06
Kuala Lumpur – Vier mense is beseer toe ‘n vermeende gaslek ‘n ontploffing by ‘n winkelsentrum in die Maleisiese hoofstad veroorsaak het, het die brandweerdienste gesê.
Mohamad Sani Harul, ‘n brandweerbeampte, sê Woensdagoggend se ontploffing het in die kelderverdieping van die inkopiesentrum Empire Gallery ontstaan. Hy sê die ontploffing het grootskaalse skade veroorsaak.
Volgens Harul het vier mense, waaronder twee Nepalese veiligheidswagte, ligte beserings opgedoen.
Sowat 300 gaste in ‘n aangrensende hotel is ontruim sodat ondersoekers kan vasstel of die gebou veilig is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP