Gasa-kinders vlieg rekord-hoeveelheid vlieërs
2011-07-28 22:58
Gasastad – Duisende kinders in Gasa het hul vlieërs die
lug ingestuur in ‘n poging om ‘n wêreldrekord te breek.
Christopher
Gunness, ‘n woordvoerder vir die Verenigde Nasies-kamp wat die vlieërfees in die noordweste van Gasa gereël het, sê die
nie-amptelike getal kinders wat hul vlieërs gevlieg het meer as 13 000 is.
Indien dit die geval is, sal dié byeenkoms
China se rekord van 10 500 klop.
Vandale het vroeër ‘n verhoog by die kamp aan
die brand gesteek, saam met ‘n vlag van die Verenigde Nasies.
Volgens Gunness was niemand beseer nie en is
dit nie bekend wie verantwoordelik was vir die vandalisme nie.
Die voorval het egter nie in die kinders se
pad gestaan om hul vlieërs te vlieg nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP