Gaddafi-seun wou na Mexiko vlug

2011-12-08 10:46
Tweets Share Share line Print

Mexiko-stad – ‘n Seun van die ontslape kol. Muammar Gaddafi en drie familielede het saamgesweer om onder valse name na Mexiko te vlug en in ‘n luukse oord te bly, sê owerhede in dié land.

Die uitgebreide plan om Al-Saadi Gaddafi na Mexiko te vat het na bewering twee Mexikane, ‘n Kanadees en ‘n Deense verdagte betrek.

Volgens Alejandro Poire, minister van binnelandse sake, is al die betrokke mense in hegtenis geneem.

Poire het nie bekend gemaak watter familielede die Gaddafi-seun wou vergesel nie. Al-Saadi is bekend vir sy liefde vir sokker en sy botsings met die polisie in Europa.

Die komplot is in September deur Mexikaanse intelligensie-beamptes ontbloot toe Al-Saadi uit Libië gevlug het. Hy het nooit in Mexiko aangekom nie, maar het die Wes-Afrika-land Niger bereik.

Die samesweerders het na bewering na Mexiko gevlieg en bankrekeninge oopgemaak. Hulle het ook eiendomme in verskeie dele van die land gekoop. Een van die eiendomme is by ‘n oord aan die kus.

Poire sê die leier van die komplot was ‘n Kanadese vrou, Cynthia Vanier. Sy is op 10 November saam met die drie ander verdagtes aangekeer. Hy sê Vanier was vermoedelik in beheer van die komplot se finansies.

‘n Mexikaanse vrou wat in die VSA gewoon het, word ook betrek. Poire sê sy was die skakel wat die vervalste Mexikaanse identiteitsdokumente bekom het.

‘n Deense man het die logistiek van die plan behartig, het Poire gesê.

Volgens Poire het die vermeende samesweerders ook na Kosovo en “talle Midde-Ooste-lande” gereis.

Die Mexikaanse beamptes het nie gesê of Muammar Gaddafi self by die plan betrek was nie. Hy is op 20 Oktober in Libië gevang en om die lewe gebring.

Volg Nuus24 op Twitter

- Sapa - AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.