Gaddafi se verpleegster soek asiel in Noorweë
2011-05-05 21:34
Oslo – Volgens die Noorse sekuriteitspolisie het
Muammar Gaddafi se Oekraïnse verpleegster, Halyna Kolotnytska, vir asiel in Noorweë aansoek gedoen.
Halyna Kolotnytska is op die oomblik in Noorweë ná
sy Libië in Februarie verlaat het.
Sy het eers by haar ma en dogter in ‘n
woonstel in Brovary, naby Kiëf, die hoofstad van die Oekraïne, gebly voordat sy Noorweë
toe is.
Volgens ‘n dokument op Wikileaks het Kolotnytska
altyd saam met Gaddafi gereis omdat sy “sy roetine ken”.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA