Gaddafi se seun sterf in lugaanval
2011-08-29 22:56
Londen – Bevelvoerders van die rebellemagte in Libië sê een van
Muammer Gaddafi se seuns is tydens ‘n lugaanval 60 km buite Tripoli dood, berig Sky News.
Khamis Gaddafi het in ‘n gepantserde Toyota Land
Cruiser gery toe die voertuig deur ‘n missiel getref is.
‘n Navo Apache-helikopter het die missiel afgevuur.
Volgens ‘n Sky-joernalis in Taruhan, suidoos
van Tripoli, het ‘n man wat sê hy is Khamis se lyfwag bevestig dat Khamis in
die voertuig was.
Intussen het ‘n senior lid van die rebellemagte
gesê dat Khamis die aanval oorleef het, maar later in ‘n hospitaal aan sy wonde
beswyk het.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.