Gabrielle Giffords sal uittree
2012-01-23 21:57
Londen – Gabrielle Giffords, die Amerikaanse kongreslid wat verlede jaar in ‘n aanval gewond is, het aangekondig dat sy gaan bedank.
Die politikus het Sondagaand in ‘n video-boodskap gesê sy het meer tyd nodig om te herstel.
Giffords, ‘n lid van die Demokrate in die Amerikaanse staat Arizona, is op 8 Januarie 2011 in die kop geskiet in ‘n parkeerterrein by ‘n kruidenierswarewinkel in Tucson, waar sy met haar wykslede vergader het.
Ses mense is in die voorval doodgeskiet en 13 ander, insluitende Giffords, is gewond.
Die man wat van die skietaanval aangekla word, Jared Lee Loughner, het onskuldig gepleit op 49 aanklagte.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter