'Gaafste terroris ooit'
2009-07-29 13:34
Raleigh, Amerika - ‘n Man van North-Carolina in Amerika wat beskryf word as 'n familieman en ‘n goeie buurman, het volgens polisie terroriste gewerf en opgelei.
Daniel Boyd (39) het vir drie jaar lank deur die Midde-Ooste gereis waar hy na bewering gewere gekoop het, en ‘n groep mans, wat van plan was om mense te ontvoer en dood te maak, opgelei het.
Boyd se familie en vriende vind die aantygings, wat Maandag bekend gemaak is, moeilik om te glo.
"As hy ‘n terroris is, is hy die gaafste terroris wat ek nog in my lewe ontmoet het. Ek dink nie hy is een nie”, het Charles Casale, Boyd se buurman, gesê.
Volgens ‘n Israeliese sekuriteitsbeampte het Boyd twee jaar gelede al onder die aandag van die owerhede gekom, toe lede van sy gesin nie toegang tot Israel kon verkry nie.
- Sapa