Franse wetmakers gekant teen gay huwelike
2011-06-14 19:56
Parys – Franse wetmakers gaan na verwagte ‘n wet wat
gay huwelike wettig sal maak, verwerp.
Die hooggeregshof in Frankryk het vyf maande
gelede beslis dat die verbanning van gay huwelike nié teenstrydig is met die land se grondwet nie.
Die regerende president se Nicolas Sarkozy se konserwatiewe
UMP-party sal na verwagting Dinsdag teen die wet stem.
Ondersteuners van die wet glo dat Frankryk in Nederland, België en Spanje se spore moet volg deur huwelike tussen gays wettig te maak.
‘n Opname wat in Januarie deur Canal Plus TV gedoen
is, het getoon dat 58% van die wat deelgeneem het, glo gay huwelike behoort
wettig te wees, terwyl 35 % daarteen was.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP