Franse vies oor Sarkozy se hervormings

2010-09-09 08:50
Tweets Share Share line Print

Brussels – Een van die grootste stakings in die Franse geskiedenis het pres. Nicolas Sarkozy van Frank­ryk kniediep in die moeilikheid.

Gister het, volgens die vakbonde, tot 2,7 miljoen Franse werkers in die strate van Parys en anders stede betoog teen die regering se planne om die aftree-ouderdom van 60 tot 62 te verhoog.

Die stelsel het heeltemal onbetaalbaar geword. Diegene wat in die geboortegolf ná 1945 gebore is, het reeds afgetree of doen dit een van die dae. Hulle is opgevolg deur ’n beduidende kleiner volgende geslag, wat beteken dat al hoe minder jong mense al hoe meer oues moet onderhou.

Die regering wil ook €100 miljard (R930 miljard) in die volgende drie jaar besnoei om die begrotingstekort uit te wis. Terselfdertyd probeer Sarkozy die bitter pil versoet deur allerlei populistiese maatreëls wat xenofobie in die land voed.

Hy het byvoorbeeld ’n paar duisend Roma (sigeuners) uit die land geskop en hy berei tans ’n verbod op die dra van sluiers deur Moslemvroue in openbare plekke voor.

Die wetsontwerp maak voorsiening vir boetes van €150 vir vroue wat oortree en €30 000 en ’n jaar tronkstraf vir mans wat hul vroue dwing om ’n sluier te dra. Daarby word gewerk aan ’n wetsontwerp om die burgerskap van Franse burgers van immigrant-afkoms wat polisiebeamptes se lewe bedreig, weg te vat.

Desondanks daal Sarkozy se gewildheid steeds.

Die president het Woensdag in ’n verklaring gesê hy sal klein veranderings aan sy pensioenplanne maak, maar nie op die beginsel toegee nie.
 
Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.