Franse troepe sal nie in 2012 uit Afganistan onttrek
2012-01-24 23:11
Frankryk – Alain Juppe, die Franse minister van buitelandse sake, het Dinsdag gesê Frankryk gaan nie ingee tot "paniek" en hul troepe hierdie jaar uit Afganistan onttrek nadat vier soladate verlede week daar vermoor is nie.
"Wanneer ek gesprekke oor onmiddellike onttrekking hoor, soos aan die einde van 2012, is ek nie seker dat dit reg deurdink is nie," het Juppe aan die Franse parlement gesê.
Juppe het gereageer op 'n beroep van Laurent Fabius, voormalige premier, vir Franse troepe om teen die einde van die jaar huis toe gestuur te word.
Die vier onbekende soldate is Vrydag by 'n basis in die ooste van Afganistan vermoor. Vyftien ander soldate is beseer, waarvan agt ernstig.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP