Franse polisie jag 'Croissant-rower'
2011-12-20 12:04
Parys – Die Franse polisie het Dinsdag gesê hulle is op soek na ‘n man in sy 40’s wat ‘n reeks bakkerye in Parys se voorstede beroof het van croissants en ander gebakte goedere.
Die man het sedert 9 Desember vyf bakkerye in die westelike voorstede beroof, het die polisie gesê. Hy het elke keer dieselfde modus operandi gebruik.
Nadat hy ‘n bestelling geplaas het, het die man 'n wapen, wat ‘n vals rewolwer blyk te wees, opgelig, na die persoon agter die kasregister gelig en sy croissants en pasteie geneem sonder om te betaal.
Niemand is in die rooftogte beseer nie en in elk van die gevalle was die waarde van die gesteelde goedere laag – tussen agt en 10 euro’s (tussen R86 en R108).
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP