Franse joernalis sterf in geweld in Sirië
2012-01-11 22:49
Parys – ‘n Verslaggewer van France-2TV is Woensdag in ‘n aanval dood terwyl hy die geweld in Homs, Sirië, gedek het, het die Franse minister van buitelandse sake en die netwerk gesê.
Gilles Jacquier is in die aanval dood, terwyl ‘n ander verslaggewer vir France-2 nie beseer is nie.
Thierry Thullier, die nuusdirekteur van France Televisions, het aan BFM TV gesê dat dit blyk of Jacquier deur ‘n mortier of ‘n vuurpyl gedood is wat deel was van ‘n reeks aanvalle.
Dit was die eerste voorval van ‘n Westerse joernalis wat in Sirië dood is tydens die onluste.
Siriese amptenare het talle pogings deur Westerse joernaliste wat die land probeer binnegaan gestuit sedert die betogings begin het.
Alan Juppe, Frankryk se minister van buitelandse sake, het in ‘n verklaring gesê dat Jacquier “in ‘n aanval” in Homs dood is.
Hy het dit as ‘n “afskuwelike daad” beskryf en dring aan op ‘n ondersoek na die voorval.
“Dit is die Siriese amptenare se verantwoordelikheid om die veiligheid van internasionale joernaliste in hulle land te verseker.”
Die VN beraam dat meer as 5 000 mense in die onluste dood is.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP