Frankryk wil die burka verban
2010-01-27 03:24
Parys - Franse wetgewers het gevra dat die allesbedekkende burka wat deur sommige Moslem-vroue gedra word in hospitale, skole en op publieke vervoer verban word, het CNN berig.
Dié verbod sal ook van toepassing wees op enigiemand wat van publieke dienste gebruik maak.
Dit sal egter nie geld vir mense wat ‘n burka op straat dra nie.
President Nicolas Sarkozy het verlede jaar aan wetgewers gesê dat die tradisionele Moslem-kledingstuk, “nie welkom” is in Frankryk nie.
“Dit is nie ‘n probleem met godsdiens nie.
“Die gaan hier oor vrouens se vryheid en waardigheid.
“(Die burka) is nie ‘n godsdienstige simbool nie.
“Dit is ‘n teken van onderdanigheid en onderdrukking.
“Met alle gewigtigheid sê ek dat die burka nie welkom is in Frankryk nie,” het president Sarkozy gesê.
Kliek hier vir die volledige storie