Frankryk weier burgerskap oor sluier

2010-02-04 07:42
Tweets Share Share line Print

Leopold Scholtz

Den Haag - Die Franse regering het ’n verdere stap gedoen om Moslem-immigrante te dwing om hulle by die heersende Franse kultuur en gewoontes aan te pas. Franse burgerskap is pas geweier aan ’n immigrant uit Marokko wat sy vrou dwing om die nikaabstyl te dra – ’n sluier wat die hele liggaam en gesig bedek, met die uitsondering van die oë.

Die minister van binnelandse sake, Eric Besson, het ’n dekreet uitgevaardig waarin hy weier om burgerskap aan die Marokkaan te gee omdat sy optrede teen sy vrou teen “sekularisme en vroueregte” indruis, berig die Franse media.

Sekularisme is sedert die Franse Revolusie ’n hoeksteen van die Franse staatsreg en politieke kultuur. Die Islam onderskei nie tussen staat en kerk nie en baie Moslems dring daarop aan dat hul vroue sluiers of kopdoeke moet dra as teken van hul oortuigings.

’n Komitee van die Franse parlement het onlangs besluit om aan te beveel dat die nikaabstyl in staatsgeboue en openbare vervoer verbied word. ’n Verbod op die dra daarvan op straat is ook oorweeg, maar die komiteelede het gemeen dit gaan te ver.

Besson se dekreet is moontlik gemaak deur ’n uitspraak van die Conseil d’Etat of Staatsraad, Frankryk se hoogste hof, dat die Marokkaan se optrede “onversoenbaar” met Franse waardes is.

Die Rooms-Katolieke Kerk het die regering gewaarsku dat Frankryk Moslems se regte moet respekteer as die land van Moslemstate verwag om Christene se regte te respekteer.

Daarteenoor het ’n gematigde Islamitiese Paryse imam, Hassen Chalghoumi, gesê vroue wat hul gesigte wil bedek, moet maar emigreer na Saoedi-Arabië of ander Moslemlande. Volgens die Franse polisie dra slegs 1 900 Moslemvroue nikaab.

- Die Burger

Lees meer oor: geloof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.