Frankryk se leiers klink soos Mafia

2011-09-18 06:51
Tweets Share Share line Print

Brussels – Terwyl pres. Nicolas Sarkozy van Frankryk die afgelope week saam met die Britse premier, David Cameron, soos ’n held in Tripoli en Benghazi, Libië, ontvang is, het die onweerswolke tuis saamgepak soos Franse politici van korrupsie beskuldig is.

Dit het soms geklink of daar eerder oor die Italiaanse Mafia as oor die Franse leiersklas gepraat word.

Oudpres. Jacques Chirac het die afgelope week in die hof in Parys tereggestaan op aanklagte dat hy as burgemeester van Parys (voordat hy president geword het) poste vir politieke vriende geskep het waarvoor hulle goed betaal is sonder dat hulle ooit ’n steek werk gedoen het.

Chirac was nie self in die hof nie.

Sy advokaat het aangevoer die oudpresident is te siek en daarop gesinspeel hy ly aan Alzheimersiekte.

Oudpremier Dominique de Villepin, Chirac se luitenant, was in ’n onverwante kwessie ook saam met sy voormalige baas in die spervuur.

Robert Bourgi, ’n Frans-Libanese prokureur, het onthul dat hy aan die begin van die eeu gereeld miljoene frank in koffers uit verskeie Afrika-state saamgebring het om Chirac se herverkiesingsveldtog te reël.

Hy het in ’n opsienbarende onderhoud met die Franse blad Le Journal du Dimanche gesê die skenkers was press. Abdoulaye Wade (Senegal), Blaise Compaoré (Burkina Faso), Laurent Gbagbo (Ivoorkus), Denis Sassou Nguesso (Kongo-Brazzaville), Omar Bongo (Gaboen) en Obiang Mbasogo (Ekwatoriaal-Guinee).

Dit gaan glo om ’n bedrag van meer as R600 miljoen.

De Villepin het dit ontken en aangekondig hy gaan Bourgi vir laster dagvaar.

Deel van die agtergrond hier is dat Bourgi tans ’n raadgewer van Sarkozy is.

Sarkozy en De Villepin kan mekaar glo nie verdra nie. In Parys word dus hardop gefluister Sarkozy sit eintlik agter die bewerings teen sy vyand.

Maar ook Sarkozy het nie heeltemal ongeskonde uit die week se moddergooiery getree nie.

Hy het De Villepin etlike maande gelede daarvan laat aankla dat dié bewerings versprei het dat sy verkiesingsveldtog deur korrupte sakelui gefinansier is, maar De Villepin is nou finaal hiervan vrygespreek.

Dit beteken dat die bewerings teen Sarkozy opnuut opduik. Bose tonge beweer Sarkozy is saam met Chirac deur verskeie Afrika-diktators gefinansier.

As al dié bewerings waar sou wees, is Frankryk sekerlik een van die mees korrupte lande ter wêreld. Sarkozy het in Libië weliswaar ’n effense asempouse geniet, maar dat al die korrupsiebewerings hom skade aandoen, is seker.

 

Lees meer oor: nicolas sarkozy  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.