Frankryk ondersoek aanval op politikus in DRK
2012-01-02 16:25
Parys – Die Franse departement van buitelandse sake ondersoek die aanval op Oujaarsaand op Lon Kengo Wa Dondo, president van die Demokratiese Republiek van die Kongo se senaat, het RSG berig.
Kengo is in 'n hospitaal in Parys opgeneem nadat hy Saterdag aangeval is. Die aanval is na bewering deur ondersteuners van die opposisieleier in die DRK, Etienne Tshisekedi, uitgevoer.
Kengo se toestand en die motief vir die aanval is nie bekend nie.
Alexis Thambwe Mwamba, die minister van buitelandse sake in die DRK, sê hulle beskou die voorval in 'n baie ernstige lig.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG