Frankryk herroep borsinplantings

2010-03-31 03:38
Tweets Share Share line Print

Parys – Gesondheidsowerhede in Frankryk het Dinsdag gesê dat hulle ‘n sekere tipe borsinplanting teruggeroep het nadat dit aan die lig gekom het dat die maatskappy wat dit maak, op ‘n bedrieglike wyse ‘n silikoon jel gebruik het wat nie goedgekeur was nie.

Die agentskap wat in beheer is van gesondheidsprodukte in Parys, AFSSAPS, het ook ‘n verbod op die verkope van dié inplantings geplaas wat deur ‘n Franse maatskappy, Poly Implant Prothese (PIP) gemaak word.

Ongeveer 90% van PIP se borsinplantings word uitgevoer.

Tussen 35 000 en 45 000 vroue het reeds sedert 2001 inplantings gehad wat deur die Franse maatskappy verskaf was, het Jean-Claude Ghislain van AFSSAPS gesê.

Volgens hom sal sowat 1000 van hulle ‘n vervanging moet ondergaan.  

Die agentskap het hul ondersoek begin nadat hulle ingelig is van ‘n hoë persentasie PIP-inplantings wat al geskeur het.

Inspekteure is na die maatskappy se vervaardigingsperseel in die suide van Frankryk gestuur waar hulle ontdek het dat PIP 'n silikoon jel gebruik wat nie deur gesondheidsowerhede goedgekeur is nie.

Volgens Ghislain kan die jel die skulp wat die vloeistof bevat beskadig. Die jel kan ook makliker as ‘n goedgekeurde jel lek.  Dít kan dalk ook verduidelik hoekom so baie PIP-inplantings al geskeur het.

Ghislain het gesê dat borsinplantings normaalweg ‘n lewensduur van tien jaar het.
 
- Sapa-AFP
 

Lees meer oor: inplantings  |  frankryk

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.