Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Filmmaker van Moslem-film gearresteer

2012-09-28 09:35
Tweets Share Share line Print

Los Angeles – Die vermeende filmmaker van 'n rolprent wat tot betogings in verskeie Moslem-lande gelei het, is Donderdag in hegtenis geneem.

Regter Suzanne Segal het gesê Nakoula Basseley Nakoula sal sonder borgtog aangehou word, omdat hy as 'n vlugrisiko beskou word.

Nakoula, regisseur en vervaardiger van die film Innocence of Muslims, het Donderdag in 'n hof in Los Angeles verskyn nadat hy die voorwaardes van sy voorwaardelike vrylating, wat verband hou met bankbedrog in 2010, verbreek het.

Volgens Robert Dugdale, staatsaanklaer, het die 55-jarige Nakoula glo agt keer sy voorwaardes verbreek. Hy het ook valse verklarings aan beamptes gemaak en minstens drie verskillende name gebruik. 

Segal het beslis dat Nakoula, wat wegkruip sedert betogings uitgebreek het, sal sonder borgtog aangehou word. Sy het gesê hy is 'n vlugrisiko en 'n gevaar vir die gemeenskap.

Kommer is uitgespreek oor Nakoula se veiligheid weens wydverspreide woede oor die rolprent wat glo beledigend teenoor Islam is.

Sy hofverskyning het onder streng sekuriteit in Los Angeles plaasgevind.

Die publiek kon nie die hofverskyning bywoon nie, maar joernaliste en ander nuuskieriges kon verrigtinge deur middel van 'n videokonferensie vanuit 'n ander gebou volg.

Nakoula, wat as die regisseur van die film gelys is, is vroeër vandeesmaand ook vir ondervraging in hegtenis geneem.

Nakoula se verskyning kom 'n dag nadat Cindy Lee Garcia, 'n aktrise wat betrokke by die film is, 'n tweede aansoek by die hof ingedien het om YouTube en Google te dwing om die voorprent van die rolprent te verwyder.

'n Regter het haar eerste aansoek verwerp.

– Volg Nuus24 op Twitter

- AFP

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Jannie Kotze sê... hier in SA is nog baie, hoeveel wil julle he, belowe die useless net huise en julle het miljoene Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.