Filippyne-tifoon: dodetal styg na 111
2010-07-23 13:34
Manila – Die dodetal ná die tifoon wat die Filippyne verlede week getref het, het na 111 gestyg en 45 mense is steeds vermis, het die regering Vrydag gesê.
Die bevestigde dodetal het van 79 gestyg nadat 32 lyke, meestal dié van vissermanne, in die onlangse dae gevind is, het Benito Ramos, administrateur van die kantoor vir burgerlike verdediging, gesê.
Ramos het bygevoeg dat reddingswerkers voortgaan om vir die ander 45 vermiste persone te soek.
“Ons het nog nie hoop verloor dat sommige van hulle (wat vermis is) nog lewendig kan wees nie. Hulle mag nog op die see wees,” het hy aan verslaggewers gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP