Filippyne: Spanne soek na vermistes ná skudding
2012-02-07 21:58
Manila – Reddingswerkers spook om vermistes op te spoor ná die sterk aardbewing wat die sentrale deel van die Filippyne getref het.
Die departement van burgerlike beskerming sê 21 mense het tot dusver gesterf. Altesaam 71 mense word steeds vermis en 52 ander is beseer.
Ver Neil Balaba, operasionele beampte by die departement se streekskantoor, sê die weermag het soektogte van stapel gestuur. Die polisie is ook ontbied om plundery te verhoed.
“Die dringendste behoeftes is water, tente en kos,” het hy gesê.
Volgens die Amerikaanse geologiese opname het die aardbewing, wat 6.7 gemeet het, Maandag om 11:49 (05:49 SA tyd) plaasgevind, het die BBC berig.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter