Familie van vermiste tweeling erg bekommerd
2011-02-08 21:00
St. Sulpice - Die oom van die Switserse tweelingmeisies wat al meer as ‘n week lank vermis word, het Dinsdag gesê hulle is “erg bekommerd” nadat hulle geld ontvang het wat hul pa gepos het voordat hy in Italië selfmoord gepleeg het.
Matthias Schepp het homself verlede Donderdag onder ‘n trein in gewerp in die suidooste van Italië. Hy moes sy sesjarige tweelingdogters, Alessia en Livia, aan sy vervreemde vrou in die Switserse dorp St. Sulpice terugbesorg, maar het nie.
“Ons het verskeie posstukke uit Italië gekry uit die dorp waar hy selfmoord gepleeg het. Dit het al die geld wat hy in Marseille onttrek het, bevat,” het Valerio Lucidi aan joernaliste buite die ma se huis gesê.
Lucidi het gesê daar was geen brief saam met die koeverte wat 8 000 Euros (sowat R78 000) bevat het nie.
“Dit maak ons bekommerd, aangesien dit teen die teorie werk dat hy iemand betaal het om na die kinders om te sien,” het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP