Facebook-uitdaging lei polisie na verdagte
2011-07-28 20:44
New York – "Vang my as julle kan, ek's in Brooklyn," het 'n verdagte die polisie op Facebook uitgedaag ná hy sy amptelike polisiefoto op Utica, New York, se lys van mees gesoektes gesien het.
Die polisie het die 29-jarige verdagte kort daarna agter sy rekenaar in ‘n woonstel in Brooklyn se Bedford-Stuyvesant opgespoor.
Sy Facebook-blad was oop op sy rekenaar.
Die polisie het hom op aanklagte van huishoudelike geweld en die teistering van sy eks-meisie gesoek.
“Hy’t gesê ons moet hom kom haal, en ons het,” het sers. Steve Hauck gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP