Evangelis: Duiwelse Haïti vervloek
2010-01-14 23:06
Los Angeles - Pat Robertson, 'n televisie evangelis, het Woensdag aan die Huffington Post gesê dat Haïti deur ‘n “sameswering met die duiwel” vervloek is en dus met slegte voorvalle geteister word.
"Iets het lank terug in Haïti gebeur en mense mag dalk nie daaroor wil praat nie,” het hy op die kassie gebieg.
Volgens Robertson is die '700-klub' in tyd van Napoleon III gestig, toe Haïti onder Franse beheer was. Lede van die klub het saamgekom en met die duiwel saamgesweer.
“Hulle het gesê hulle sal hom (Satan) dien as hy hulle van die Franse bevry - ware verhaal - en die duiwel het toe ingestem,” het Robertson gesê.
Intussen berig die nuusagentskap AP dat 3 miljoen mense deur die noodlottige aardbewing wat dié land geruk het, beïnvloed is.
Owerhede vrees dat tienduisende mense oorlede is, alhoewel dit nog te vroeg is om die werklike impak van dié ramp vas te stel.
- The Huffington Post
- News24