Europese lughawens sluit weens sneeu
2010-12-01 13:43
Genève – Ysige temperature en swaar sneeu in die weste van Europa het ten minste vier lughawens genoodsaak om te sluit.
Gatwick in Londen, een van Brittanje se besigste lughawens, moes ook weens die weersomstandighede sluit.
Edinburg-lughawe in Skotland, Lyon-Bron lughawe in die suide van Frankryk en Geneva, Switserland se tweede grootste lughawe, het almal tot stilstand gekom terwyl personeel gespook het om die aanloopbane weer skoon te kry.
Daar was ook blykbaar vertragings by Berlyn se Tegel lughawe sowel as in die noorde van Spanje.
‘n Switserse weerdiens het vandag nóg sneeu in die weste van Europa voorspel.
Volg Nuus24 op Twitter.