Erken Christene in Islam-lande, vra Wulff

2010-10-21 08:47
Tweets Share Share line Print

Brussel – Die leier van ’n Europese land het die eerste keer sonder omhaal van woorde godsdiensvryheid vir Christene in ’n Islamitiese land bepleit.

Pres. Christian Wulff van Duitsland het dit pas op ’n staatsbesoek in Turkye gedoen.

“Die Christendom behoort sonder twyfel tot Turkye,” het hy voor die parlement in Ankara gesê.

“Godsdiensvryheid is ’n deel van hoe ons Europa as ’n waardegemeenskap verstaan.”

Hy het daarop gewys dat Moslems in Duitsland volledige godsdiensvryheid geniet, en vervolg: “Tegelykertyd verwag ons dat Christene in Islamitiese lande dieselfde reg het om hul geloof openlik uit te leef, teologiese opleiding te gee en kerke te bou.”

Daar is nagenoeg 700 000 Christene in Turkye, sowat 1% van die land se 70 miljoen inwoners. Voordat Moslems Turkye in ’n langdurige proses (wat eers in 1453 voltooi is) verower het, was die gebied Christelik en deel van die Bisantynse of Oos-Romeinse Ryk.

Wulff het voorverlede week ’n storm in Duitsland veroorsaak toe hy in ’n toespraak gesê het die Islam behoort tot Duitsland en dat die 4,3 miljoen Moslems in die land nie weggewens kan word nie.

Aan die een kant het die Beierse Christen-Demokratiese premier, Horst Seehofer, geëis dat Moslem-immigrasie nagenoeg tot stilstand gebring moet word. Die bondskanselier, dr. Angela Merkel, het haar party bymekaar probeer hou deur ’n posisie in die middel in te neem: Die Islam het deel van Duitsland geword, maar die multikulturele benadering “het misluk, absoluut misluk”.

’n Emosionele debat woed die laaste maand of twee in Duitsland oor Moslem-immigrante, iets wat in dié mate weens die land se Nazi-verlede vroeër ondenkbaar was. Die publikasie van ’n kritiese boek oor Moslem-immigrasie deur die politikus-bankier dr. Thilo Sarrazin het die damwal egter laat breek.

- Volksblad

Lees meer oor: geloof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.