Engeland: Man skiet drie familielede, self

2012-01-02 19:42
Tweets Share Share line Print

Londen – 'n Man het na bewering op Nuwejaarsdag drie van sy vroulike familielede in 'n huis in die noordooste van Engeland doodgeskiet, het die polisie Maandag gesê.

Hy het ná die aanval selfmoord gepleeg.

Die polisie het die lyke van die man, 40, en drie vroue by 'n huis in Peterlee gevind ná inwoners van dié klein dorpie skote gehoor het.

'n Haelgeweer is langs die man se lyk gevind, het die polisie gesê, en bygevoeg dat hulle nie tans na enige verdagtes soek in verband met die moorde nie.

Die man het glo 'n lisensie vir sy vuurwapen, en was moontlik 'n lid van 'n skietklub.

'n Tienermeisie het met geringe beserings ontsnap toe sy deur 'n venster op die huis se boonste verdieping kon klim. 'n Man het ook ontsnap, en word deur die polisie beskou as 'n belangrike getuie.

"Hierdie is 'n tragiese voorval. Ons het vier mense wat laasnag gesterf het en ons gedagtes is met hulle familie en vriende op hierdie oomblik," het Michael Banks van die Durham-polisie in 'n mediakonferensie gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AFP

Lees meer oor: engeland  |  skietery

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.