Engeland: Geen borste vir transseksuele vrou
2010-05-25 16:39
Kaapstad - 'n 58-jarige Britse transseksuele vrou het 'n hofsaak verloor waarin sy Engeland se openbare gesondheindsdiens (NHS) wou dwing om vir 'n borsvergroting te betaal.
Die vrou het in die saak gevoer die NHS skend haar menseregte deur nie vir die operasie te betaal nie.
Sy ly aan 'n geslagsidentiteit-sindroom (GID), en leef al vir meer as 'n dekade as 'n vrou, berig Times Live.
Sy het voorheen hormoonbehandeling gekry om haar borste te laat groei, maar dit was nie suksesvol nie.
'n Borsvergroting vir die transseksuele vrou, van Reading wes van Londen, sou £2 300 pond (sowat R26 000) kos.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.