Elfjarige skiet boelie in kop
2011-05-05 22:40
Nieu-Delhi – ‘n Elfjarige seun van Indië het blykbaar ‘n klasmaat,
wat hom herhaaldelik geboelie en geslaan het, in die kop geskiet.
Volgens Navnit Rana, ‘n polisiebeampte, het
die seun sy pa se pistool skool toe gesmokkel.
Hy het die boelie gekonfronteer, waarna hy hom
in die kop geskiet het.
Die boelie is ernstig beseer, maar het die voorval oorleef.
Die 11-jarige seun is aangekeer en na ‘n inrigting vir
jeugmisdadigers gestuur.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP