Elf vermis ná China-grondstortings
2010-07-20 11:25
Beijing – Elf mense is vermis ná grondstortings Dinsdag in die suidweste van China plaasgevind het as gevolg van vloede wat deur swaar reën veroorsaak is, het die staatsmedia berig.
Die grondstorting het vroeg Dinsdag in ‘n dorpie in Mianning in die Sichuan-provinsie plaasgevind, het die Xinhua-nuusagentskap berig.
Reddingswerkers was besig om deur die puin te soek, het dit berig.
Vloede en grondstortings het honderde mense se lewens oor die laaste paar weke in groot dele van die land, veral in die suide, geëis.
Groot hoeveelhede mense is in die laaste paar dae dood, met Sichuan en die naburige provinsie Shaanxi wat veral erg getref is.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP