Elf betogers in Sirië doodgeskiet
2011-11-18 21:11
Damaskus – Siriese sekuriteitsmagte, wat ‘n protesoptog in die hoofstad van Sirië
uitmekaar wou dryf, het elf betogers doodgeskiet.
Die betoging het ‘n beroep op wêreldlande
gedoen om Sirië se ambassadeurs te skors.
Intussen het die staatstelevisie berig dat
drie lede van die sekuriteitsmag in die stad Hama dood en een offisier kritiek
gewond is.
Die Arabiese Liga het ‘n ultimatum aan Sirië
gestel om die gewelddadige onderdrukking van betogers wat op die uittrede van
president Bashar al-Assad aandring, stop te sit.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP